Kobus Se Witsjokolade Terrien Maak 8 – 10 snye
Stol vir 2 ure

Bestanddele

500 g witsjokolade, opgebreek in stukke
150 ml room
250 g shortbread-beskuitjies, opgebreek in stukke
150 g amandels, gerooster
150 g pistasieneute, skoongemaak
versiersuiker 

Metode

1. Voer 'n broodpannetjie met kleefvrye papier uit.
2. Smelt die sjokolade en room saam.
3. Voeg die shortbread, amandels en pistasieneute by en roer totdat alles heeltemal bedek is in die sjokolade.
4. Gooi die mengsel in die pan en laat dit stol. Sny in snye, besprinkel met versiersuiker en sit voor. Wenk: maak seker dat daar geen water saam met die sjokolade meng nie, anders sal dit nie werk. Jy kan dit ook met donkersjokolade doen en saam met koffie voorsit (dis so op die foto). Kyk die Roer! episode hier