Frans, Marga & Tammy Bestanddele

  • 2 blokkies Knor-bees-aftreksel
  • 1 koppie gedroogde ertjies
  • 1/3 koppie gort
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 middelslag wortels, fyngekap
  • 4 takkies vars inheemse roosmaryn (Eciophalus Africanus of kapokbossie), of na smaak, blare van takkies gestroop en fyngekap
  • 3 blaartjies vars roos-pelargonium, fyngekap
  • fyn spaghetti of vermicelli
Marga van Rooy se ertjie kruie sop Metode 1. Alles kook saam in ’n middelslag kastrol, behalwe die vermicelli/spaghetti wat later bygevoeg word.
2. Kook die sop totdat die gort goed gaar is en die ertjies sag – sowat twee uur teen ’n middelmatige temperatuur. Kyk die Roer! episode hier