Bestanddele

  • 1 houer granaatsap
  • 2 koppies papaja- of mangosap (jy kan ook appelsap gebruik)
  • 1 lemoen
  • 6 – 8 aarbeie
  • 2 kiwivrugte
  • 1 mango of papaja
  • ½ koppie suiker
Granaat Sangria Metode 1. Meng al die sappe en suiker totdat die suiker heeltemal opgelos is.
2. Sny die lemoen en aarbeie in dun skyfies.
3. Verwyder die mango of papaja se skil en sny in dik stukke.
4. Skil die kiwivrugte en sny ook in dik skywe.
5. Sit al die vrugte in die sap en laat staan in die yskas vir 2 – 3 uur of oornag voor jy dit voorsit.
Kyk die Roer!-episode hier