Bestanddele

  • 1 kg botterskorsie, in stukkies gesny
  • 4 groot Granny Smith-appels (geskil, ontkern en in kwarte gesny)
  • 2 – 3 patats (geskil en in stukke gesny)
  • 2 – 3 hoender-aftrekselblokkies
  • 1 - 1½ liter water
  • 1 – 2 teelepels matige kerriepoeier
  • sout, swartpeper en botter na smaak
  • 1 koppie melk (of nog beter, room!)
Botterskorsiesop
Metode
1. Plaas botterskorsie, appels, patats, hoender-aftrekselblokkies en water in ‘n groot kastrol en verhit tot kookpunt.
2. Kook teen medium hitte totdat alles sag is.
3. Verwyder van hitte en laat vir 10 minute afkoel.
4. Verwerk tot baie glad.
5. Voeg kerriepoeier, sout, swartpeper en ‘n eetlepel botter by.
6. Roer deur en plaas terug op hitte.
7. Indien die sop te dik is, voeg kookwater by. Dit behoort maklik van ‘n lepel af te loop, soos dun pap.
8. Voeg melk of room by net voordat dit voorgesit word, maar maak seker dat die sop baie warm is.
9. Drup vars room in elke bakkie sop en garneer ook met varsgekapte koljander.
10. Sit voor saam met Indiese brood. Kyk die Roer! episode hier