Kors

  • 2 koppies meelblom
  • knippie sout
  • ½ koppie suiker
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ koppie botter
  • 1 eier
Melktert
Metode 1. Voorverhit oond tot 200°C. Room alles saam. Druk die krummelrige beslag in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Bak vir ongeveer 15 minute tot goudbruin.
2. Kry die vulsel gereed terwyl die kors in die oond bak. Vulsel
  • 4 ½ koppies melk (dis 1 liter en 125 ml)
  • ¾ koppie suiker
  • 3 eetlepels botter (gebruik botter, nie margarien nie, vir ‘n beter smaak)
  • 2 ½ eetlepels (opgehoop) meelblom
  • 2 ½ eetlepels opgehoop) mielieblom
  • 3 eiers (geklits)
Metode 1. Kook die melk in ‘n kastrol, voeg botter en suiker by.
2. Voeg droe bestanddele by die geklitste eier in ‘n afsonderlike bak – klits weer.
3. Voeg ‘n bietjie van die melkmengsel (ongeveer ‘n koppie) by bogenoemde en klits saam.
4. Voeg bogenoemde geleidelik by die gekookte melk in die kastrol op die stoof – roer aanhoudend met ‘n houtlepel tot die mengsel verdik. Wees versigtig, want klonte vorm maklik en die melk brand maklik aan – ROER!
5. Sodra die mengsel kook en verdik, is dit gereed om in die kors te gooi.
6. Wanneer dit afgekoel het, sprinkel kaneel oor. Kyk die Roer! episode hier