Bestanddele rib-eye steaks vars roketblare sous

  • 1 ui, opgesny
  • 'n teelepel knoffel, opgesny
  • 'n bondel sprietuie, opgesny
  • olyfolie
  • 1 pak bruin sampioene, opgesny
  • 1 groen- en 1 rooi rissie, opgesny
  • 1 eetlepel pesto
  • 1 teelepel groenkerriepasta
  • 1 pak klaargemaakte kaassous
  • botterskorsie (butternut), gaar, gebraai met heuning
Sean Se Rib Eye Steak
Metode
1. Braai die ui, knoffel en sprietuie saam in bietjie olyfolie.
2. Voeg die sampioene, rissies, pesto en groenkerriepasta by en braai tot bruin.
3. Voeg die kaassous by, roer tot alles bedek is en voeg die gaar butternut by. Hou sous warm.
4. Braai die steaks en sit sous bo-op steak voor op 'n bed van roketblare. Kyk die Roer! episode hier