Steve Hofmeyer Bestanddele

  • aartappels, gaar, geskil en in blokke gesny
  • 250 g room
  • 1 groot ui, in blokkies gesny
  • pietersielie, vir garnering, opgesny
  • 2 knoffelhuisies, opgesny
  • varkfilette
  • roosmaryn, fyngesny
  • groen peperkorrels
  • witsous (reeds gemaak)
  • witpeper, na smaak
  • swartpeper en sout na smaak
  • 10 ml neutmuskaat
  • hoender-aftrekselblokkie
Steve se varkfilet Metode 1. Maak kapokaartappels van die aartappels en room.
2. Roer die fyngekapte ui en pietersielie in.
3. Smeer die knoffel oor varkfilette saam met die roosmaryn en laat staan vir 10 minute sodat geur kan intrek.
4. Braai vark tot gaar in 'n riffelpan.
5. Voeg groen peperkorrels by die witsous, asook die witpeper, swartpeper, neutmuskaat en sout.
6. Verdun die witsous met hoender-aftreksel asook enige sous wat van die gebraaide vark afkom.
7. Sit vark voor met kapokaartappels en pepersous. Kyk die Roer! episode hier