Waldimar, Ira & Tammy Genoeg vir 4 tot 6 mense.
Bestanddele

  • 1 klein papaja
  • 1 peer
  • 1 avokadopeer
  • suurlemoensap
  • 30 g roket (vir opdiening)
Bloukaassous
  • 2 eetlepels witwyn-asyn
  • 4 eetlepels gewone jogurt
  • 200 ml plantaardige olie
  • 1 teelepel heuning
  • sout en growwe swartpeper
  • 30 g bloukaas, gekrummel
Waldimar Schultz se pawpaw, peer en avokado
Metode

1. Skil en ontpit die avokadopeer, papaja en peer.
2. Sny in skywe/ringe en druk suurlemoensap bo-oor uit sodat dit nie bruin word nie.

Sous

1. Meng al die bestanddele vir die sous saam in ‘n voedselverwerker. Rangskik die vrugte op mekaar gestapel op ‘n bed van roket. Gooi die sous oor en sit voor. Kyk die Roer!-episode hier