Die blote gedagte aan kaas tower beelde op van aardse, geurige lekkerte wat met eindelose geduld en groot passie geskep is. Kom geniet die legendariese verskeidenheid heilsame produkte, leer by talentvolle koskenners en kuier in feestelike luim saam met familie en vriende.

SARIE se Herman Lensing en Barbara Joubert gaan saam met Nataniël by die Checkers-teater langs die Checker Kaasemporium kook. Gasheer Nataniël sorg vir 'n vermaaklike én leersame gourmet reis saam met akteurs, modelle en radio-, televisie- en sportbekendes. By die DStv Food Network-teater, 'n tuiste vir bekende sjefs, kosbloggers en kaasmakers vanjaar, gaan interaktiewe kosdemonstrasies 'n hoogtepunt wees.

Herman Lensing

Kaas is beslis in die kollig maar jy kan jou ook verlustig in 'n verskeidenheidprodukte soos olywe, wyn, konfyt en tapenades, soet snoeperye en brood, en omskep jou gewone kaasbord in ‘n feesmaal. 

Wees op die uitkyk vir ‘n aantal boetiekkaasmakers wat vanjaar vir die eerste maal by die Kaasfees-familie aansluit en hul produkte langs dié van meer gevestigde kaasmakerye sal aanbied: Langbaken Karoo Kaas, Laerskool Buffeljagsrivier, Karoo Melkbok Produkte, Pépé Charlot, Kleinfontein, Desiree Kingwill Kaas en Mestervik.

Selfs die jongspan gaan hulle hier gate uit geniet. Daar's 'n lekker plaas-ervaring met verskillende melkdiere by die Santam Landbou-melkfabriek, die geleentheid om ‘n eie stokbrood te maak, ‘n veilige kinderhoekie saam met Wilde-vrugtesap en ure se pret kykNET se groot blou stoel-springkasteel, met lewensgrootte DStv-karakters en meer.

SA Kaasfees

Wat, waar en wanneer

Kom geniet ‘n luilekker kuierdag in die platteland op Sandringham wat homself reeds as die ideale feesterrein bewys het.  Sandringham is gerieflik geleë langs die N1, halfpad tussen Kaapstad en die Paarl.

Geen kaartjies sal by die hekke te koop wees nie, maak seker om jou kaartjie teen R110 per persoon vooraf by Computicket en Checkers winkels te koop.  Senior burgers betaal R90 en kinders 13 jaar en jonger verkry gratis toegang. Die hekke is daagliks oop tussen 10:00 en 18:00 en die laaste dag tot 17:00.

Kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440, stuur ‘n epos na cheese@agriexpo.co.za of besoek www.cheesefestival.co.za vir meer inligting.

Kuier van 27 – 30 April saam met SARIE en SARIE KOS se Herman Lensing en Barbara Joubert by die SA Kaasfees. Alphine se bokmelkkaas uit die Overberg gaan elke dag om 12-uur koning kraai. Dit word volgens die kleinboer-styl (peasant) op organiese beginsels gemaak en daar is 7 soorte: gewoon, eike-gerook, kruieen- olyfolie, peper, basiliekruid, oreganum, knoffel en brandrissie.