“Waar is die beste restaurant, Herman?” Waar eet jy graag lekker? Dis seker die vraag wat ek die meeste hoor. My antwoord is altyd dieselfde. Die plek waar ek die lekkerste eet is die plek waar die diens uitmuntend is, die wyn goeie waarde vir geld is en ek met ’n geruste hart kan weet die kos wat ek bestel, gaan my nie teleurstel nie. 

Gewoonlik is die beste restaurant ook die een waar jy goeie geslskap het.  Maar die eerste plek waar ek graag gaan kyk of ’n restaurant die moeite werd is, is EatOut se Restaurant-gids. En gisteraand was die jaarlikse byeenkoms waar die land se beste sjefs gevier word. ’n feestelike sesgang-ete deur ons land se top-sjefs het gesorg dat dié geleentheid pas by die wenners. Die groot hoogtepunt van die aand was toe Peter Veldsman, destyds SARIE se kosredakteur, bekroon is met die Lannice Snyman-toekenning vir lewenslange prestasie. Abigail Donnelly, hoofbeoordelaar sê oor Peter:

“Peter was die eerste mens wat kosjoernalistiek kommersieel en toeganklik gemaak het. As restaurateur was Emily's die eerste restaurant wat buite die boks gedink het en mense laat dink het oor kos. Sy manier van kos en wyn voorsit, asook die diens, was op internasionale standaard. Hy het die pas aangegee vir wat kos vandag in Suid-Afrika is.”

Peter self het van die verhoog af gesê:

“SA is die plek vir kos. Lees meer, reis meer en weet meer sodat ons kos kan laat skitter in die internasionale koshemel.”

Hier is die volledige lys van SA se beste eetplekke vir 2016:

Eat Out S.Pellegrino & Acqua Panna Sjef van die jaarGregory Czarnecki van The Restaurant at Waterkloof
Restaurant van die jaar1. The Test Kitchen
Top-10 restaurante

  1. La Colombe
  2. The Restaurant at Waterkloof
  3. The Tasting Room at Le Quartier Français
  4. Restaurant Mosaic at The Orient
  5. Overture
  6. Greenhouse at The Cellars-Hohenort
  7. The Kitchen at Maison
  8. Foliage
  9. Camphors at Vergelegen

Eat Out Nespresso-toekenning vir voortreflike diensLa Colombe
Eat Out Nederburg-toekenning vir ’n opkomende sterAngelo Scirocco van Urbanologi
Eat Out Retail Capital se nuwe restaurant van die jaarFoxcroft
Eat Out-wyndienstoekenningTinashe Nyamudoka van The Test Kitchen
Eat Out Lannice Snyman-toekenning vir lewenslange prestasiePeter Veldsman
Eat Out Boschendal-styltoekenningMarble
Eat Out John Psillos-toekenning vir ’n uitnemende bydrae tot diensleweringJennifer Hugé van La Colombe
Eat Out Woolworths-volhoubaarheidstoekenningThe Table at De Meye

Lees nou

Ligte etes binne 30 minute

Die perfekte kaasbord

Ou treffer: Cremora-tert opgetof!