(Oond Temp.: 180 grade C) Bestanddele vir vla

  • 250 ml sago
  • 2 stukkies kassia
  • 500 ml water (om sago in te week)
  • 750 ml melk
  • 250 ml room
  • 30 ml botter (gesout)
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • 2 - 3 druppels amandelgeursel (opsioneel)
  • 3 groot eiers (jy kan een van die eiers se eierwit weglaat en in meringue gebruik)
  • 125 ml suiker
  • 60 ml tuisgemaakte appelkooskonfyt
Bestanddele vir meringue

  • 4 eierwitte
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 30 ml kookwater
  • 125 ml suiker
  • 5 ml mielieblom

1. Week sago vir 1 uur in water. Dreineer.

2. Kook sago met kassia-stukke stadig in melk tot deurskynend. Roer deurentyd. Verwyder kassia.

3. Voeg room, botter, vanieljegeursel en (indien verkies) amandelgeursel by.

4. Klits eiers en suiker en voeg by sagomengsel.

5. Gooi in 'n oondvaste bak wat goed met botter gesmeer is.

6. Om meringue te maak: Klop eierwitte, suurlemoensap en kookwater tot sagte punte voor jy die suiker geleidelik byvoeg. Sif mielieblom oor en klits deur.

6. Bak sonder meringue vir 10 minute voor jy eers die appelkooskonfyt en dan die meringue opsit. Bak verder vir 20 - 25 minute of tot goudbruin.

7. Laat die poeding 'n uur of twee rus voor jy skep. (Dis moeilik, maar die moeite werd!)