(8–10 porsies)

  • 2 heel eiers
  • 4 eiergele
  • 200 g strooisuiker
  • 200 g witsjokolade, gesmelt
  • 1 x 400 g blik KOO Guavas, gedreineer en in voedselverwerker to puree verwerk
  • 250 ml room, styfgeklits
  • wafelkoekies vir voorsit

Bring ’n pot met water tot kookpunt en plaas ’n glasbak bo-op. Maak seker die onderkant van die bak raak nie aan die water nie. Voeg eiers, eiergele en strooisuiker in bak. Gebruik elektriese klitser en klits op hoë spoed tot dik skuimerige mengsel, sowat 3–5 minute. Voeg sjokolade by en meng goed. Voeg koejawelpuree by en meng goed. Verwyder bak van hitte en vou geklopte room versigtig by. Gooi mengsel in vriesbestande bak en vries oornag tot hard. Skep balle roomys en plaas tussen 2 wafelkoekies. Sit voor.

Wenk
Jy kan ook enige ander vrugte van jou keuse verpulp en byvoeg, byvoorbeeld gemengde vrugte of perskes.