"Die eerste koek wat ek gebak het, was met my ouma se hulp. Ek was seker so 8 jaar oud en wou net koek bak. My eerste konkoksie het begin as ’n basiese sponskoek. Toe verdeel ek die beslag in drie en voeg groen kleursel by een van die dele. Rooi kleursel word by die tweede deel gevoeg. Gelukkig hou ek toe die laaste deel net so. Dit moes ’n reënboogkoek word. Die drie kleure beslag gaan toe in een pannetjie en in die oond.

Suksesvol was dit beslis nie! Die koek was plat en vol gate, maar ek het gedink dis fantasties en
het alles opgeëet. Later, op hoërskool, het die bakkery ernstig geraak. Naweke het ek in die kombuis deurgebring. Sjokoladekoek versier met sjokolade was my gunsteling. Daar was ook
altyd Smarties op die koek.

In daai jare het ek nie gekook nie, nét gebak. Toe my oudste suster, Anneke, trou, was daar vir nagereg net koek. En ek was die bakster. Ek het drie dae aaneen gebak. Gelukkig het my pa – ’n fotograaf – lugverkoeling in sy donkerkamer gehad. Die koeke het op ’n ry in sy donkerkamer gestaan om vars en koel te bly. Dit was omtrent ’n marathonsessie om vir honderd mense koek te bak. Suksesvol dié keer.

Vandag is kook en bak natuurlik my passie en die lekkerste is dat die bakgier nou ook my kinders beetgekry het.

Lekker bak!"

Barbara Joubert - SARIE KOS Redakteur

Hier is 'n voorsmakie van alles wat jy kan verwag in die pargtige nuwe uitgawe:

STYLKOS 

 

Bak die die mark

BOTTER-CROISSANTS

DROOMKOS

 

Sjokolade sê als!

WARM SJOKOLADE LOOPPOEDING

Soet of sout

GEROOKTESNOEK-TERT

MY KOS

 

Lae GI gebak

APPEL-EN-DADEL-BLOKKIES

Soet sonder die suiker

VLA-KOEK

TUISKOS -

 

Ons soek SA se beste marinade

KRY JOU LAM- OF VARKRIBBETJIE KOMPLIMENTE? SKRYF JOU RESEP IN!

Vakansie-koekies vir die koekblik

AARBEI-KONFYT VENSTERKOEKIES

Daar's poeding!

SJOKOLADE PLAATKOEKIES