Vir Vadersdag kóók ons! Saam met jou en vir enige geliefde wat jy wil bederf (dit geld natuurlik ook jouself).

Op Jeugdag, Dinsdag 16 Junie, neem SARIE en SARIE KOS se Herman Lensing jou deur al die stappe vir ’n driegangmaal wat jy self by die huis kan maak.

Bekende sjefs sal saam met hom kook en gesels oor hul koskortpaaie en hoe hulle hul geliefdes in hierdie tyd bederf – dié wat by hulle is asook dié wat nie nou saam met hulle kan wees nie.

SARIE en Checkers sal jou vooraf laat weet watter bestanddele jy gereed moet kry, en jy sal ook na afloop van die aanlyn kuier al die resepte in ’n spesiale nuusbrief ontvang.

Die video sal vir 24 uur beskikbaar wees om weer en weer te kyk. So jy het genoeg tyd om winkels toe te gaan en jou gesin die aand met ’n feesmaal te verras!

Kom kuier saam, kry jou vrae gereed en hou SARIE.com dop vir die aankondigings oor die opwindende sjefs wat saamkuier!

Klik hier om jou kaartjies te koop

Hierdie #SARIEgesels word in trotse samewerking met Checkers aangebied.