Checkers het nou hul eie weergawe van die “meal kit” bekendgestel, en duidelik kry dit reeds groot aftrek van verbruikers! Die #ReadyToChef-kosbokse is sedert 23 Augustus landwyd in Checkers-winkels beskikbaar. Elke boks bevat al die benodigde vars bestanddele, ’n stap-vir-stap-resep wat deur ’n sjef ontwikkel is, asook ’n skakel na ’n webvideo wat jou wys hoe om die gereg te maak. 

#ReadyToChef se Bief-stroganoff met zucchini-spaghetti

Jy kan dus vinnig by jou naaste Checkers indraf, jou #ReadyToChef-kosboks gryp, en self ’n heerlike maal volgens ’n sjef se resep maak. 

#ReadyToChef beloof om jou tyd en moeite te spaar sonder om die voordele van ’n gesonde tuisgemaakte bord kos in te boet. Die pryse is baie billik: Elke boks kos tussen R119,99 en R179,99 en is meer as genoeg vir twee mense. 

Vier verskillende bokse, wat ’n vegetariese opsie insluit, is elke week by Checkers-winkels beskikbaar. 

Daar is 16 bokse in die reeks, wat insluit:

1. Hoenderkerrie met roti’s

2. Blomkool-herderspastei

3. Oosterse beesvleis-en-sesamsaadslaai

4. Sampioen-ertjie-en-ment-risotto

5. Bief-stroganoff met murgpampoentjie-spaghetti

6. Soetsuur varkvleis met jasmynrys

7. Biltong-Niçoise-slaai

8. Soetpatat-en-lensiekerrie met gebotterde naanbrood

Herman Lensing en sterre van die komediereeks Hotel en sepie Suidooster het self #ReadyToChef se bief-stroganoff met murgpampoentjie-spaghetti getoets. Die resultaat? ’n Gesonde en heerlike tuisgemaakte bord kos, sonder dinkwerk, ure voor die stoof óf ’n inkopie-soektog.

Herman se eindresultaat

Klik hier om te loer na die bekendes se kosmaak-sessies: 

#ReadyToChef - @sarietydskrif

See Instagram '#ReadyToChef' highlights from SARIE Tydskrif (@sarietydskrif)

En hier's Herman Lensing se poging: 

Bestanddele in die boks
Wynglase word vol gemaak
Die resep is maklik om te volg, en daar's 'n video wat jy kan kyk.
Bestanddele word voorberei
Sampioene in die pan
Bestanddele word voorberei
Die vleis word gebraai
Tuisgemaakte maaltyd is op pad
Meng die suurroom met die vleis
Die Zucchini-spaghetti word vinnig voorberei
Die Zucchini is gaar
Kos is amper op die tafel!
Die eindresultaat
Bief-stroganoff met zucchini-spaghetti