Ses vinnige feite oor beet:

1. Bevat foliensuur, kalium en mangaan en dis ’n lewertonikum

2. Dis ryk aan boor (boron), wat sekshormoon-produksie stimuleer. Aphrodite, die Griekse godin van liefde, het juis beet beskou as die werklike liefdesdoepa, eerder as sjampanje en oesters.

3. Beetsap kan help om bloeddruk te verlaag.

4. Beet in asyn of suurlemoensap het ’n lae GI en sorg vir volgehoue energie.

5. Beet is vol betaïen – baie belangrik vir hartgesondheid.

6. Dis veselryk en goed vir spysvertering.

Cavalli landgoed, buite Somerset-Wes, vier elke maand een bestanddeel met hul 'ONE at Cavalli'-konsep. En Februarie-maand is die pragtige beet die held!

Sjef Michael Deg van Cavalli-landgoed deel spesiaal sy beetmousse-resep met ons. 'n Resep wat heerlik gepaardgaan met bokmelkkaas-krokette.

Sjef Michael Deg van Cavalli-landgoed. FOTO Verskaf

Beet-mousse

Bestanddele

- 75g botter, gesout

- 500g beet, opgekap en gekook tot sag. 

- 25ml rooiwyn-asyn

- 1 teelepel rooiaalbessie-jellie

- 300ml rooiwyn

- 60ml olyfolie

- 40g gerasperde parmesan

- 40g geroomde peperwortel (horseradish)

Metode

Gooi die botter in 'n groot pan. Voeg die gekookte beet, rooiwyn-asyn, rooiwyn, rooiaalbessie-jellie en verminder die vloeistof met die helfte. Verwerk dit in 'n voedselverwerker tot 'n gladde puree. Kombineer 500g van die puree met olyfolie en peperwortel, verwerk weer in 'n voedselverwerker. Plaas die mengsel in silikoonvorm en vries vir minstens twee ure.

Om te bedien

Haal die mousse uit vrieskas en plaas saam met vuurwarm krokette op 'n bord. Maak seker die krokette raak nie aan die mousse nie, anders gaan dit smelt. Geniet!

Vir 'n maklike kroket-resep klik hier

FOTO Getty Images / Gallo Images

Nog beetresepte:

In 'n episode van Inspirasiekos met SARIE het Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, met beet getoor. As jy lus is om aan beetblatjang met gebakte kaas, beetrisotto of beetkoek te smul klik hier