Tuiskos


Sit spek by
Met die gaarmaak van vleis wat min natuurlike vet bevat, is dit ’n goeie plan om spek daarom te draai. Die varkfilet-slaai is een so ’n voorbeeld. Enterprise se spek kos sowat R19 vir 250 g by supermarkte

In hul jassies
Mange tout-ertjies is baie jong ertjies, steeds in hul peul (dis waar die naam vandaan kom; dit beteken ‘eet alles’). Dit kos sowat R14 vir 140 g by Woolworths.

Kekkel van lekkerte
Vryloop-eiers (free range eggs) soos dié van Spar is ’n móét vir die bros aartappelskyfie-en-spek-slaai. Wenk: Om te toets of eiers vars is, sit hulle in ’n bakkie water en kyk of hulle dryf. Indien wel, is hulle oud.

Smelt-in-die-mond
Gerooster of brosgebraai in die pan: Halloumi-kaas vanLa Campania het ’n unieke, ferm tekstuur en souterige smaak. Dit kom in ’n piekel met gekapte kruisement en kos
sowat R31 vir 350 g by