Vir daardie ietsie ekstra vir jou braaivleis en steak, gebruik Westfalia se reeks avokado-olies. Dis in vier geure beskikbaar: gewoon, knoffel, suurlemoen en botter.

Westfalia-avokado-olie is cholesterolvry en bevat mono-onversadigde vetsure. Boonop is dit heerlik en veelsydig en deur die Hart-en-beroertestigting van Suid-Afrika goedgekeur. Dis landwyd in supermarkte beskikbaar.

Van links: Filet, ribsteak en filet-kebabs

Ken jy die verskillende tipes steak?

Filet

Dis ’n beenlose snit wat baie sag is en gewild onder die meeste mense. Dis ongelukkig nie die snit met die meeste smaak nie. Perfek vir panbraai en oondrooster. Maak seker jy sny altyd die sening af wat langs die filet af loop.

Sirloin 

’n Beenlose snit wat gekenmerk word deur die dik laag vet aan die kant. Die sirloin word uit die heup van die dier gesny. Vinnige gaarmaakmetodes is geskik, soos panbraai.

Ribsteak

Die snit met die meeste smaak en baie mense se nr. 1-keuse. Ribsteak is bekend vir die marmer-are wat die vet maak. Dis ’n baie sagte snit wat vinnig gaargemaak moet word. Perfek om te braai.

T-skyf

Dié snit is ’n kombinasie van sirloin en ribsteak, met die kenmerkende T-been wat die twee snitte skei. Geskik vir panbraai of oor die kole rooster. Gewoonlik die duurste snit.

Rumpsteak

Word gesny uit die agterkwart van die bees. Dit kan effe taai wees as dit nie verouder is nie. Dis geskik vir panbraai of oor die kole rooster.

Links: T-been Regs: Sirloin

Maak dit só gaar

Marineer? Nee wat, die lewe is heeltemal te kort. As jy goeie steak koop, is marineer glad nie nodig nie.

Plaas steak by kamertemperatuur in ’n plat bak en bedruip dit met Westfalia se avokado-olie. As jy die gewone of botter-geur gebruik, kan jy een of twee suurlemoene se sap daaroor uitdruk en dit verder geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Vir die suurlemoen- of knoffel-geur is sout en peper genoeg. 

Panbraai:

Verhit riffelpan tot vuurwarm.

Braai 4-5 minute per kant vir halfgaar, 5-5½ minute per kant vir mediumgaar, 6-7 minute per kant vir medium, en 7-8 minute per kant vir gaar.

Nóg idees met Westfalia se avokado-olie

Nóg idees met Westfalia-avokado-olie

Westfalia se avokado-olie is gesond, heerlik en veelsydig:

1. Gebruik dit in roerbraaigeregte, slaaisous en marinades

2. Drup oor groente, steak, lam, steurgarnale en ander seekos voor jy dit gaarmaak

3. Gebruik dit om groente in die oond mee te rooster

4. Drup dit oor warm pasta en selfs springmielies

5. Maak dit liggies warm en sit voor as ’n doopsous vir brood of vars groentestokkies

6. Vervang gewone olie met avokado-olie in bakresepte

Besoek Westfalia se webtuiste, Instagram-blad en Pinterest vir meer inligting en idees.