Ervaar die vreugde van saamdoen en saambeleef. Daar's versierings om te maak, 'n kersboom om te versier en 'n kostafel om te dek vir diè jaar se saamkuier-fees!  Hier is alles wat jy nodig het!

'n Kerstafel - Mooi en so eenvoudig! Hout, papier en glas is saam-saam elegant, en Chanel-pienk en room die koel skakerings vir 'n warm Afrika-fees.

Deelkos - Kersfees gaan oor kuier. Wat 'n heerlike manier om dit te doen: Stuur vir voorgereg bakkies eetgoed rond om te deel saam met die papier brood.

Gemarineerde olywe

Soetrissie-en-songedroogte tamatie-patee

Gepekelde sampioene

Gremolata gebraaide garnale

Papierbrood

Moenie te veel sukkel om die brood rond te kry nie ek rol dit sommer in enige vorm uit. Draai dit dan na jy dit gebak het in bakpapier toe soos 'n klein geskenkie, dit laat almal dadelik welkom en spesiaal voel.

Lamsribstuk met 'n pistasieneut-kors en baba groente

"Daar is mos niks so lekker soos pienk lam nie, met die ekstra geur van die neute, dis my idee van 'n fees maal"

Oondgeroosterde hoender gevul met okerneute op babaartappels

My idee van kalkoen op die kerstafel, glad nie droog of lank om gaar te maak nie.Eenvoudig en min stress!

Heuninggebakte beetslaai met korrelmosterd-sous

Die herinnering aan beet gerooster met heuning laat my mond water...

Kersfees sjokolade-terrien

Wat is die tyd van die jaar sonder Kersfees-koek? Probeer gerus my weergawe van die klasieke koek.

Doen-dit-self-pavlova met roosroom en vars aarbeie

Sit sommer al die bakkies op die tafel en laat jou gaste hulle eie nagerg aan mekaar slaan. Die res is so maklik, jy kan net ontspan en saam jou gaste kuier!

Advent-Kalender

Tel die dae af

Kry die gesin bymekaar en maak julle eie advent kalender van stewige karton.