Droomkos

In die sous
Gebruik rooiwyn-asyn van Wellingtons in slaaisouse, marinades en piekels. Jy sal daarvan nodig hê vir die geroosterde varkribstuk. Dit kos sowat R19 vir 500 ml by supermarkte.


Salige salotte
Iets tussen ’n klein ui en ’n knoffelhuisie: salotte het ’n unieke, matige smaak en word in die pietersielie-slaai gebruik. Hulle kos sowat R7 vir 250 g by Woolworths.

Sout smaaklikheid
Kappertjiesaad is noodsaaklik vir die pietersielieslaai. Dit is jong kappertjiebloeisels in ’n sterk piekel. Dit het ’n skerp en intense sout smaak en kos sowat R14 vir 140 g van Goldcrest.

Gebakte skulpies
’n Skulpvormige madeleine-pan is ’n móét vir die madeleine-koekies. Dit is beskikbaar by Banks, 021 461 3190 (Kaapstad), Hercules Bulk Sales, 012 377 2668 (Pretoria) en Kitchenique, 011 804 5826 (Johannesburg) teen R130 tot R150 elk.