Stylkos

Lang tafels by die see

Crème fraîche vir mosselroomsop
Lancewood se crème fraîche is ideaal vir sop of saam met ’n nagereg. Sowat R12,95 vir 200 g, beskikbaar by supermarkte.


Kortpad-garnale
Nie lus om self tempura-garnale te maak nie? Koop dié by Woolworths. Sowat R49,95 vir 200 g.

Droë vye vir blatjang
Gedroogde vye van Maitre Prunille is heerlik in die tamatie-en droëvy- blatjang. R24,95 by Pick ‘n Pay.

Basiliekruid-pesto
Gebruik die basiliekruid-pesto van Pesto Princess vir die salm-en-groentelasagne. R24,99 by Spar. Hou gerus so ‘n bottel byderhand.

Gekapte tamaties
Gekapte tamaties van All Gold is ‘n moet vir die tamatie-endroëvy- blatjang. Beskikbaar by alle supermarkte.