Stylkos


Perfekte dag op Muratie

 Langsteel-broccoli

As jy nie klein Savoy-kooltjies in die hande kry nie, gebruik langsteelbroccoli. R11,95 van Woolworths.


Blikkie vol mosterd

Annatjie Melck het Colman’s se sterk mosterdpoeier gebruik in haar potgebraaide beesvleis. R19,99 by Spar.


Klappermelk vir sop

As jy van Thai-kookkuns hou, gebruik Mayfair Coconut Milk vir die Thai botterskorsiesop. Beskikbaar by Spar.

 
Oondbraaisakkies

Die groot oondbraaisakkies van Glad sorg dat al die geure van die hoender behoue bly. Sowat R12,99 by super-markte.

 
Te kus en keur

Uie – wit of rooi, groot of klein – kies self watter uie jy by die potgebraaide beesvleis wil

gebruik. Beskikbaar by supermarkte en Woolworths.