Stylkos


Soet maar warm
Gebruik Crosse & Blackwell se soet brandrissie-sous vir die steurgarnaal-en papajaslaai. Dit kan ook as ’n doopsous gebruik word en kos sowat R12 vir 250 ml by supermarkte.

Romerig
Dié dik, romerige mayonnaise van Spar kom in ’n gerieflike herseëlbare bottel. Jy sal dit nodig kry vir die steurgarnaal en - papajaslaai.

Sesamolie
Vir die Thai beesvleis-roerbraai benodig jy Shogun se sesamolie. Dié olie het ’n sterk smaak en moet spaarsamig gebruik word. Dit kos sowat R15 vir 150 ml by supermarkte.

Gesonde neute
Macadamia-neute is ware energiekos, propvol goeie cholesterol-vrye vette, proteïen, vesel, vitamiene en minerale. Dit is een van die voedsaamste neute en word gebruik in die steurgarnaal-en papajaslaai.