Droomkos

Franse styl
Crème fraîche is ’n baie swaar, effens aangesuurde room. Gebruik Lancewood s’n vir die pannacotta met suurlemoensmeer. Dit kos sowat R14 vir 250 g by supermarkte.


Minder moeite
Jy kan ook suurlemoensap uit ’n botteltjie gebruik as jy nie lus is om suurlemoensap uit te druk nie. Dit kos sowat R8,50 vir 500 ml by Woolworths.

Regte égte
Jy sal regte botter soos dié van Spar benodig vir die suurlemoenmeringue- tertjies én die suurlemoentert op bl. 50.

Stol stewig
Ongegeurde gelatien van Davis sorg dat die pannacotta perfek stol. Dit kos sowat R11 vir 5 koevertjies van 10 g elk by supermarkte.