Stylkos

Vir jou spensrak
Kies Imbo se haricot – boontjies vir die sousboontjies. Jy hoef dit nie voor die tyd te week nie, maar dit kook vinniger sag as jy dit wel doel. Dit kos sowat R8,50 vir 500 g by supermarkte

Op ’n stokkie
Die soetsuur smaak van Safari se songedroogde appelkose werk perfek saam met lam en uie vir die lamsosaties op. Dit kos sowat R24 vir 250 g by supermarkte.

Geel geur
Borrie is broodnodig vir die lamsosaties. Robertsons s’n is in ’n botteltjie of hervul-boksie beskikbaar teen sowat R10 vir 57 g by supermarkte.

Groenvye
Hou ’n botteltjie heel groenvye van All Gold byderhand vir ’n kaasbord, of eet hulle saam met ’n skyfie biltong en ’n roosterkoekie. Dit kos sowat R32,50 vir 320 g by supermarkte.