Adv. Thuli Madonsela het dié week vir ons ’n vroeë Kersgeskenk gegee. Al is sy reeds weg by die kantoor van die Openbare Beskermer, het haar staatskapingsverslag die meeste Suid-Afrikaners laat jubel van vreugde. 

Die afgelope Vrydag het Forbes Africa vir adv. Thuli aangewys as die Persoon vir die Jaar 2016. Ons en die res van Suid-Afrika is trots op haar.

Ons wil dié rooitapytster, rolmodel, ma, inspireerder, ons wens vir SA se eerste vrouepresident, regsbrein én heldin oornooi vir ’n vroeë Kersfeesete.

thuls

SARIE-kosredakteur Herman sal kook en ons dekorredakteurs Lounette en Anita sal die tafel dek, want vir Thuli gee ons net die beste. Dís op die spyskaart:

Groen-5283

Slaai van appel, sorbet en garnale

Groen-5311Blomkoolpuree met groenbone en rissiebotter

Groen-5313Lamsboud met feta-spinasie-en-gruyère-vulsel

Groen-5303Trifle met Oreo’s, karamel en donkersjokolade

Groen-5319-Edit

Baie dankie, Thuli! Hierdie een is op jou!

FOTO Gary Gershoff / Getty Images / Gallo Images FOTO Gary Gershoff / Getty Images / Gallo Images

Kos: Herman Lensing

Dekor: Anita Rossouw & Lounette Fourie

Foto’s: Donna Lewis

Kos-assistent: Liezl Vermeulen

Lees nou

Totsiens, ystervrou Thuli!

Stylvolle ystervrou – ons kuier in adv. Thuli Madonsela se kantoor

7 vreemde koskombinasies wat wérk!