Dis presies net soos wat dit klink. ’n Hele tafel vol nachos!

Nachos is hemels en ’n nacho-tafel sal een van die lekkerste, feestelike etes wees wat jy en jou gesin in ’n lang tyd gehad het.

View this post on Instagram

#nachotable

A post shared by Alysha Mesojednik?? (@lysha_princess) on

Só maak jy

Dis min moeite en baie pret. 

Trek jou eetkamertafel oor met foelie wat jy net na die tyd kan opfrommel en weggooi óf gooi ’n plastiektafeldoek oor wat maklik kan skoonvee. 

Op jou tafel

Jy kan amper enigiets saam met nachos eet. Hier is ’n paar idees om in die middel van die tafel uit te pak:

  • Gaucamole
  • Salsa
  • Rooi uie
  • Kersietamaties
  • Jalapeño-rissies
  • Roomkaas
  • Maaskaas
  • Chedderkaas
  • Gaar maalvleis
  • Gebraaide spek
  • Vars koljander

Pak dan die torilla-tjips reg rondom en geniet! 

View this post on Instagram

#NachoTable

A post shared by Chef Carla?? (@chefcarlachapple) on