(Karamel-potbrood)

Lewer 4 tot 6 porsies

BESTANDDELE

* bietjie botter of olie
* ongeveer 500 g gekoopte brooddeeg
* 250 ml (1 k) room
* 250 ml (1 k) bruin karamelsuiker

METODE

1. Smeer ’n oondbak of oondvaste kastrol met botter of olie. Knyp bolletjies deeg af en plaas dit teen mekaar in die bak of kastrol.

2. Bedek die deeg met kleefplastiek en laat die bolletjies op ’n warm plek weer uitrys.

3. Voorverhit intussen die oond tot 180 °C. Skink die room oor die uitgerysde bolletjies en strooi suiker eweredig oor.

4. Sit ’n deksel op of bedek dit met foelie, blinkkant na die brood, en bak 1 uur of tot die bolletjies hol klink wanneer daarop geklop word.

5. Sit dadelik warm voor. Die brood kan as bygereg met braaivleis, snoek of hoender geniet word. Dis selfs ’n gewilde peuselhappie voor ’n ete.