("Gesonder" roomys - sonder vars room)

Lewer 4 porsies

BESTANDDELE

4 eiers, geskei
125 ml (1/2 k) strooisuiker
1 x 250 ml-pakkie Orley Whip vir nagereg
5 ml (1 t) vanieljegeursel

METODE

1. Klits die eiergele en suiker in 'n glasbak tot lig en sponserig.

2. Was die klitser goed en droog dit deeglik af - dit verseker dat die eierwitte styf klits. Plaas die eierwitte in 'n skoon, droe¨ glasbak. Klits eierwitte tot stywe punte vorm.

3. Klits Orley Whip ook tot stywe punte vorm en vou helfte van die eierwitte met 'n groot metaallepel daarby in. Herhaal met die orige eierwitte.

4. Vou dan die eierwitmengsel en vanielje geleidelik by die eiergeelmengsel in.

5. Skep die mengsel in 'n geskikte houer en vries oornag of tot styf.

Wenke:
1. Fyngekapte Peppermint Crisp of grenadellapulp kan as variasie by die mengsel gevoeg word.

2. Mariana se variasie: Klits 500 ml (2 k) room styf en vou dit geleidelik met 15 ml (1 e) vanieljegeursel en ’n knippie sout by 1 x 397 g-blik kondensmelk in. Vries soos hierbo of verkoel vir ’n uur of twee en sit as ’n mousse voor.

3. Marie se variasie: Krummel 1 x 200 g-pakkie gemmerkoekies en plaas in ’n vriesbare houer. Skep neute en glanskersies na smaak bo-op. Meng 1 liter roomys, of meer na smaak met 1 x 360 g-blik en skep op die neutelaag. Vries oornag.