Vandag is Kaasliefhebbersdag en ons kan nie nee sê vir enigiets met die woord "kaas" daarin nie! Begin die naweek reg met hierdie maklike mielie-en-kaas-brood. Glo my, dit gaan jou lewe verander!

genoeg vir 1 brood

• 1 x 500 g-sakkie winkeldeeg

• koekmeel vir uitrol

• 200 g beleë cheddar, gerasper

• 1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer

_MG_9671

Stap 1

Verhit jou oond tot 180 °C. Sprinkel koekmeel oor jou werkvlak. Rol die deeg tot sowat 5 mm dik uit.

_MG_9679

Stap 2

Sprinkel die mielies in ’n eweredige laag oor die uitgerolde deeg.

_MG_9683

Stap 3

Sprinkel die kaas oor die mielies.

_MG_9693

Stap 4

Rol die deeg stewig op in ’n worsvorm.

_MG_9699

Stap 5

Gebruik ’n skerp mes en sny die deegwors in skywe van sowat 2 cm breed.

_MG_9707

Stap 6

Spuit ’n 30 cm-losboompan deeglik met kleefwerende kossproei en pak die deegwiele daarin.

_MG_9801

Stap 7

Laat die deeg vir 15 minute rys op ’n warm plek. Bak vir 25 – 30 minute tot goudbruin en bros. Laat afkoel en keer uit. Sit voor met lekker botter!

Kyk die video hier:

Lees nou

Whiskey vir ontbyt!

5 dinge wat van jou ’n beter kok gaan maak

5 slim wenke vir ’n skoner kombuis