Nasionale Sopdag moedig jou aan om die minderbevoorregte mense van Suid-Afrika in die koudste maande van die jaar te help voed deur ‘n blikkie Denny-sop te koop. Só kan jy jou koskas met heilsaamheid vir die winter vul en terselfdertyd ander mense help.

Nasionale Sopdag verseker dus dat die mense in ons armste gemeenskappe ook ’n warm maaltyd kan geniet wanneer hulle dit die nodigste het.

Denny Mushrooms het beloof om 50c van elke blikkie Denny-sop wat in Mei en Junie 2011 verkoop word aan FoodBank SA te skenk. FoodBank SA is ‘n nie-winsgerigte organisasie wat gehalte kos aan honger mense verskaf.

Suid-Afrika het tans sowat 11 miljoen honger mense wat nie weet waar hul volgende maaltyd vandaan gaan kom nie.

Kry meer inligting oor Nasionale Sopdag, en die vordering met die geldinsamelingsproses sowel as kompetisies by www.nationalsoupday.co.za

Vir meer inligting oor FoodBank, besoek www.foodbank.org.za.

Hier is nog idees om die meeste te maak van Nasionale Sopdag:

Hoender-en-pastasop Hoender-pasta-sop
Bootnjiesop Boontjiesop
Witboon-en-chorizo-sop Witboon-en-chorizosop met bruschetta
Duitse aartappel-en-bratwurst-sop
Franse uiesop Franse bruin-uie-sop
Lam-en-lensiesop SA lam-en-lensiesop
-
Vinnige groentesop Vinnige groentesop
Lemoen-en-botterskorsiesop Lemoen-en-botterskorsie-sop
Jong ertjiesop Jong-ertjie-sop met appelkoos-bolaag