Droomkos

Ontbyt


70% kakao-donkersjokolade van Lindt, weggesteek in blaardeeg, maak die mees dekadente sjokolade-pasteie vir ontbyt. Dit kos sowat R24 vir 100 g by supermarkte.

Pitkos
Pampoenpitte is propvol vitamiene en minerale en help selfs om bloedcholesterol te verlaag. Strooi dit oor muesli en slaai of bak dit in gesonde broodjies. Health
Connection s’n kos sowat R26 vir 200 g by supermarkte en gesondheidswinkels.

Eenstap-ontbyt
Morning Harvest Muesli, propvol neute en rosyne, is Bokomo se wenkombinasie vir ontbyt. Dit kos sowat R19 vir 500 g by supermarkte.

Met stroop
Geblikte pere is perfek vir vrugteslaai, nagereg of ontbyt saam met muesli en jogurt. Koo s’n kos sowat R8 vir 410 g by supermarkte.