Een van my beste ontdekkings vanjaar is Koelenhof se druiwesap. Dis nes vonkelwyn
verpak en is perfek as jy iets nie alkoholies verkies, maar steeds feestelik wil wees. Jy kan selfs die prop laat skiet! En die beste is die prys – ’n sakpas R15 per
bottel, én jy kan kies tussen rooi of wit.