Die eerste maal wat ek ’n vla met vanieljepeul gemaak het, het my familie teleurgesteld na my gekyk en gesê daar is miere in hul nagereg. My moed het in my skoene gesak, ek wou só graag die grênd gasvrou wees wat almal beïndruk. Daarom ken my familie steeds die fabriek-replika van vanielje en vir alle daagse gebruik gooi ons dit nogsteeds in die vla.

Wanneer gaste egter kom kuier swyg ek gewoonlik, dok ’n ekstra R15 op en hou myself grênd met die soet reuk van die swart peul. Ietwat duur vir ’n die uitgedroogte peul wat ’n bakkie nagereg geur?

Vanielje peule raak spot goedkoop wanneer jy dit slim hergebruik! Hier is 5 dinge wat jy kan maak met vanieljepeul nadat jy die ’n dis daarmee gegeur het.

Liezl se 5 Onthou-dinge:

Om iets met vanielje te geur, sny die peul in die helfte en met die agterkant van ’n mes skraap die saad uit.  Die peul, sonder saad, kan nou weer as geurmiddel gebruik word, só maak jy:

1.Vanielje suiker

Voeg 3-4 peule in jou suikerblik. Vinnig sal jy gegeurde suiker hê wat jy dan gebruik in gebak om dit ekstra smaak te gee.

2.Vanielje Ekstrak

Plaas twee vanielje peule in ’n glas botteljie, en maak toe onder alkohol (vodka, rum of brandewyn).  Bêre vir 3 maande in jou kas (weg van sonlig) en maak só jou eie ekstrak.

3.Vanilje Sout

Elke gebakte item het sout nodig, al is dit net ’n knypie. Voeg dan jou vanielje sout hier by! Vir vanielje sout voeg 3-4 peule by seesout (nie gewone geiodeerde sout nie).

4.Vanielje Koffie

Vanieljepeul kan ook, soos met suiker of sout, in jou houer koffiebone geplaas word, of jy kan dit direk by jou koffie voeg in die koffie-plunjer.

5.Vanielje Asyn

Die ergste suurheid van asyn kan vermom word wanneer jy 1-2 vanielje peule by jou asayn voeg.  Gebruik die gegeurde asyn vir basis vir ’n soet-suur-sous of slaaisous.

Ek daag jou uit om bietjie rond te speel met vanielje peul om 'n bietjie ekstra geur aan jou kombuis te gee!

Klits-en-Klets-Kok

Liezl 

Volg my ook nou hier en kook saam:Twitter: @KlitsenKletsKokFacebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok