Stylkos

Samara

Spesiale asyn
By die parmaham-slaai kan jy die balsemasyn vervang met lemoenasyn van Spar. Die slaai sal dan ‘n ligter, vrugtige smaak kry.

Peperwortel
Jy het peperwortelsous nodig vir die parmahamslaai se sous. Dis ook heerlik saam met beesvleis. Staffords s’n kos sowat R24 vir 135 g by supermarkte.

Bevrore bessies
Gebruik Berry Lane se bevrore frambose vir die bessiepoeding op wanneer vars bessies nie in seisoen is nie. Sowat R28 vir 350 g by supermarkte.

Baba-blare
Gemengde baba-slaaiblare van Pick n Pay is heerlik in die slaai. Dit kos R11,99 vir ‘n handige pakkie met 120 g gewaste blare.

Justin

Soutvlokkies
Growwe sout is gerieflik omdat dit nie in nat weer klont nie. Gebruik Cerebos se Mediterranean Sea Salt Flakes vir die springboknekpot. Dit kos sowat R35 vir 250 g.

Vars uit die waters
So goed as vars uit die see: I&J se Catch of the Day-stokvis sal werk in die risotto-balle as jy nie koningmakriel kan opspoor nie.

Sit kaas in jou kluitjies
Pecorino-kaas is effe goedkoper as parmesaankaas, maar dis soortgelyk. Jy het dit nodig vir die kluitjies by die springboknekpot. Beskikbaar by supermarkte.

Klein saadjie, hope smaak
Sesamolie verskaf ‘n unieke smaak. Jy próé die sesamsaad daarin! Gebruik dit in die risotto-balle. Shogun s’n kos sowat R14 by supermarkte.

Retro

Suiker vir meringue
Om die ideale meringue te maak, soos vir die Baked Alaska op, benodig jy strooisuiker. Spar s’n kom in ‘n handige herseëlbare pakkie van 500 g.

Ou staatmaker
Die sous vir die Kreef Thermidor kan nie sonder Colman’s Traditional Hot English mosterdpoeier gemaak word nie. Dit kos sowat R24 by supermarkte.

Kersies in ’n blik
Die wonderlike ding van dié ontpitte swartkersies van Goldcrest is dat jy die stroop óók gebruik vir die Baked Alaska. Dit kos sowat R26 vir 425 g by supermarkte.

Appelwynasyn
Hierdie geurige asyn word deur Safari van heel appels gemaak. Dis nie so suur soos wynasyn nie. Dit verleen vrugtigheid aan die lemoeneend en kos sowat R7,50 by supermarkte.