GENOEG VIR 6–8

• 4 groot aartappels, met skil

• 30 ml botter

• 30 ml olyfolie

• 300 g preie, in skyfies van sowat 1 cm gesny en goed afgespoel

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 15 ml botter

• 200 g gruyèrekaas, gerasper

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 250 ml room

Plaas aartappels in ’n groot kastrol. Bedek met water en bring water tot kookpunt op stoofplaat. Kook aartappels tot net sag. Dreineer in ’n vergiettes en laat effens afkoel. Trek die skille af. Sny aartappels in skywe van sowat 1 cm en hou eenkant. Verhit oond tot 180 °C. Verhit die 30 ml botter en olyfolie saam in ’n diep pan. Voeg preie en knoffel by en braai tot sag. Hou eenkant. Smeer ’n ronde oondbraaibak met ’n deursnee van sowat 15 cm met die 15 ml botter. Pak ’n laag aartappels in die bak en skep preie bo-op. Sprinkel kaas bo-op en geur met sout en peper. Herhaal lae tot al die bestanddele op is en gooi room oor. Oondbak 45 minute in warm oond. Haal uit en sit warm voor.