(4 porsies)

  • 450 g steurgarnale, verwyder uit die dop
  • 500 g bevrore stokvis-filette (sien wenk onder)
  • 2 blikke (410 g) gekapte tamaties
  • gedroogde skil van 1 lemoen
  • ’n handvol pietersielie, fyngekap
  • 125 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 lourierblare
  • 250 ml water
  • 1 ml borrie
  • 2 huisies knoffel, fyngekap
  • sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak

Sit al jou bestanddele in ’n groot kastrol en meng deur. Sit jou kastrol op ’n warm plaat en bring tot kookpunt. Sodra die sop begin kook, laat dit (letterlik) nog net 12 minute kook. Sit voor in uitgeholde brood.


Wen-wenk met bevrore vis

Die meeste verpakkings van bevrore vis sê jy moet dit bevrore gebruik, maar wanneer jy die vissop maak, maak só: Plaas bevrore vis in ’n sif bo-oor ’n bak. Laat ontdooi - al die vloeistof moet uitloop. Jou vis sal dan amper soos vars vis wees.