Donker sjokoladekoek

  • 10 ml koffiepoeier
  • 250 ml kookwater
  • 320 g ligbruin suiker
  • 240 g bruismeel
  • 100 g kakao
  • 10 ml koeksoda
  • 5 ml kaneel
  • 2,5 ml sout
  • 2 ekstragroot eiers
  • 250 ml karringmelk
  • 125 ml olie
  • 10 ml vanieljegeursel
Verhit oond tot 180ºC. Spuit 3 panne van 20cm met kleefwerende kossproei en voer uit met bakpapier. Los die koffiepoeier in kookwater op en laat afkoel. Sif die droë bestanddele saam. Meng die nat bestanddele. Kombineer die nat en droog, maar moenie bekomerd wees dat dit ’n slap mengsel is nie. Verdeel beslag tussen koekpanne en bak in warm oond vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Keer koeke op afkoelrak uit en laat heeltemal afkoel. Witsjokolade-versiersel (vir die middel van die koek):
  • 100 g witsjokolade van goeie gehalte
  • 140 g sagte ongesoute botter
  • 140 g versiersuiker, gesif
  • 1 e (15 ml) room (opsioneel)
Smelt die witsjokolade in mikrogolf en roer ná elke 30 sekondes. Of smelt dit in ’n bak oor kookwater. Klop die botter en versiersuiker tot lig en romerig. Voeg die witsjokolade en room by die versiersuiker en meng goed. Sjokolademout-versiersuiker (vir bo-op die koek):

  • 250 g sagte, ongesoute botter
  • 360 g versiersuiker, gesif
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 80 g Ovaltine of Horlicks
  • 125g donkersjokolade van goeie gehalte
  • 70 ml room

Klop die botter en versiersuiker tot lig en romerig. Voeg die vanielje en Horlicks by en meng goed. Smelt sjokolade, voeg by en meng goed. Voeg laastens die room by en meng goed tot gladde versiersuiker.

Wenk: Die hoeveelheid versiersuiker is genoeg vir binne sowel as bo-op en buite-om die koek. Versier met Maltesers of Chuckles en sjokolade-vermicelli.