(6 porsies)

  • 1 liter kookwater
  • 375 ml suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 125 g botter of margarien
  • 60 ml fyn appelkooskonfyt
  • 12,5 ml koeksoda
  • 500 ml koekmeel (gesif)
  • knypie sout
  • 100 ml melk

 Verhit die kookwater, suiker, en vanieljegeursel in ’n ysterpot en laat kook tot suiker opgelos is. Berei solank die kluitjies terwyl die sous kook: Smelt die botter of margarien in ’n ander kastrol en roer eers net die konfyt by tot gesmelt. Roer dan die koeksoda by (die mengsel sal bruis). Voeg die meel en sout om die beurt met melk by en hou aan roer. Skep lepels vol warm deeg (die deeg móét warm wees anders kook kluitjies te taai) in kokende stroop sodat hopies nie op mekaar lê nie. Sit deksel op, stel hitte laer en prut liggies vir 45 minute of tot sous lekker dik is en ’n karamelkleur het. Stip met botter en sit warm voor.