Genoeg vir 6

18 ontbeende hoenderdye

6 hout-kebab-stokkies

150 ml oestersous

10 ml Chinese 5-spesery-mengsel

15 ml vars gemmer, fyngerasper

3 sprietuie, fyngesny

hand vol vars koljander, fyngekap

sout en varsgemaalde swartpeper

2 (150 g) wortels

8 radyse, in papierdun repies gesny

PIEKEL

60 ml witwyn-asyn

60 g bruinsuiker

25 ml heuning

1 rooi brandrissie, fyngekap

Verhit oond tot 220 °C. Ryg hoenderdye op kebabstokkies –3per stokkie. Meng oestersous, 5-speserymengsel, gemmer, sprietuie en koljander, en hou sousmengsel eenkant. Pak kebabs op rooster in oondbraaibak en geur goed met sout en peper. Skep sous oor kebabs. Gebruik vingerpunte en vryf mengsel oor hoender. Plaas in oond en oondbraai 25-30 minute of tot goudbruin en gaar. Piekel Terwyl hoender in oond is, bring asyn, suiker, heuning en brandrissie tot kookpunt. Gooi oor wortels en radyse en meng deur. Sit voor saam met kebabs.