Ek weet dit klink baie vreemd, maar, glo my...die kombinasie is hemels!

(Genoeg vir 4)

Oondbraaityd: 10 mInute

  • 1 Franse brood, in 12 snye opgesny
  • 60 ml olyfolie
  • varsgemaalde swartpeper
  • 800 g aarbeie, skoongemaak
  • 100 g ontpitte swart olywe
  • 1 houer (250 g) crème fraîche of suurroom
  • 80 g roketblare

Voorverhit oond tot 200 °C. Plaas snye brood op ’n bakplaat, besprinkel met olyfolie en peper en oondbraai tot bros. Sny aarbeie en olywe in kwarte en rangskik op ’n bord. Sit voor met brood, crème fraîche en roketblare.

Wenk

As jy nie baie gesondheidsbewus is nie, kan jy hierdie slaai met geroosterde brioche (ryk brood) eet.