Om jou eie konfyt te maak is glad nie moeilik nie – gebruik oorryp aarbeie daarvoor.

Tuisgemaakte konfyt is ook ’n baie lekker Kersgeskenk.

Sowat 500ml

  • 1kg aarbeie
  • 1kg suiker
  • 100ml water

Stap 1. Verwyder blaartjies van aarbeie en sny in stukke.

Stap 1 Stap 1

Stap 2. Plaas aarbeie, suiker en water in ’n kastrol. Verhit en hou aan met roer tot suiker gesmelt het. Die mengsel moenie begin kook voor die suiker nie gesmelt het nie.

Stap 2 Stap 2

Stap 3. Doop ’n kwassie in ’n bakkie koue water en vee die suiker wat teen die rand van die kastrol opkook daarmee af. Laat konfyt oor lae hitte prut vir sowat 30 – 40 minute.

Stap 4 Stap 3

Stap 4. Plaas ’n bordjie in die yskas. Drup van die stroop op die koue bord. Trek jou vinger deur die stroop en as dit oop bly, is die konfyt reg. Skep warm konfyt in gesteriliseerde flesse.

Stap 4 Stap 4