(genoeg vir 6)

  • 75 g (80 ml) botter
  • 1 hand vol tiemie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 x 700 g-sakkie baba-aartappels,geskil
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 400 ml hoenderaftreksel

Verhit oond tot 180 °C.Smelt botter in oondvaste middelslag-pan. Voeg tiemie en knoffel by en braai vir 1 minuut in warm botter. Voeg aartappels by en braai vir nog 8 – 10 minute of tot aartappels goudbruin is. Geur goed met sout en peper. Gooi aftreksel by en plaas in warm oond. Bak vir 20 – 25 minute of tot aartappels sag en gaar is. Sit voor.