(genoeg vir 8)

  • 3 (400 g) groot aartappels, geskil
  • 185 ml melk
  • 60 g (65 ml) botter
  • 225 g (400 ml) bruismeel
  • 65 g parmesaankaas, fyngerasper
  • 60 g beleë cheddarkaas, gerasper
  • 1 hand vol pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Kook aartappels in groot pot met water tot sag. Druk fyn met aartappeldrukker. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Geur met sout en peper. Skep eetlepels vol van die mengsel bo-op warm potsous van kortribbetjies of enige ander bredie. Plaas in oond en bak vir 15 – 20 minute of tot uitgepof en goudbruin. Sit voor.