Die kombinasie van fetakaas en appels werk baie goed, veral in slaai.

• 50 g dennepitte, gerooster

• 80 g bronkors (watercress)

• 370 g fetakaas, in blokke gebreek

• 20 ml suurlemoensap

• 3 rooi appels, gehalveer en in dun skywe gesny

• paar takke vars kruisement

• varsgemaalde swartpeper

Braai dennepitte in ’n pan op stoofplaat tot net bruin. Plaas bronkors in opdienbak.

Rangskik fetakaas bo-op. Sprinkel suurlemoensap oor appels om te keer

dat dit verbruin. Rangskik appels op bronkors en feta. Plaas paar takke vars

kruisement bo-op. Sprinkel gebraaide dennepitte oor. Geur met swartpeper.

Sit voor met olyfolie en balsemasyn.