• 500 g vars appelliefies

• 1 ui, fyngekap

• 300 g (375 ml) sagte bruinsuiker

• 90 ml witwyn-asyn

• 125 ml rosyntjies

• 2,5 ml sout

• 5 ml droë mosterdpoeier

• 2,5 ml fyn gemmer

• 2,5 ml borrie

Gooi al die bestanddele in ’n kastrol. Roer goed deur en plaas op stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Laat sowat 1 uur oop prut tot dik. Haal af en skep uit in ’n bakkie. Laat afkoel en sit voor saam met terrien.