genoeg vir 6

  • 12 aspersies (120 g-pakkie)
  • 1 x 250 g-pakkie gerookte strepiespek
  • 45 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond se roosterelement. Draai aspersies se onderkante toe in strepiespek en plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Sprinkel olyfolie oor. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in oond en bak vir 12 – 15 minute of tot spek goudbruin en bros is. Sit voor met hollandaise-sous