Jy moet eendvet liefs net af en toe vir spesiale geleenthede gebruik om jou aartappels te braai

Oondbraaityd: 1½ uur

  • 1400 g baba-aartappeltjies, geskil
  • 75 ml eendvet
  • growwe sout

Verhit oond tot 180 °C. Plaas aartappeltjies in kastrol met koue water. Plaas op stoofplaat en bring tot kookpunt. Laat kook 1 minuut en dreineer. Sit eendvet in oondbraaibak. Plaas in oond tot warm en gesmelt. Haal bak uit en sit aartappeltjies versigtig in die warm vet. Skud die bak liggies om aartappeltjies met die eendvet te bedek. Plaas terug in oond. Oondbraai sowat ’n halfuur. Draai aartappeltjies om en laat verder braai tot bros en goudbruin. Haal uit en skep in opdienbak. Sprinkel met growwe sout.

Wenk

Vervang die eendvet met sonneblomolie – sowat 200 ml olie vir hierdie hoeveelheid aartappeltjies. Gebruik dieselfde metode as met eendvet, m.a.w. die olie moet ook eers in die oond warm word.