Genoeg vir 2 bottels van 212 ml elk

• 160 g vars basiliekruidblare

• 4 heel knoffelhuisies

• 100 g heel dennepitte

• 250 ml olyfolie

• sout

• 100 g parmesaankaas (50 g per bottel)

Plaas basiliekruidblare, knoffelhuisies en dennepitte in ’n voedselverwerker. Verpulp tot fyn. Gooi olyfolie in ’n dun straaltjie by die basiliekruidmengsel terwyl jy dit verder verpulp. Geur met sout. Skep in gesteriliseerde bottels en maak styf toe. Hou tot ’n week in die yskas. Gooi 50 g gerasperde parmesaankaas by elke bottel wanneer jy dit oopmaak vir gebruik.