sowat 300 ml

  • 30 ml rooiwynasyn
  • 5 ml Dijon-mosterd
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 2 eiergele
  • 250 g (270 ml) botter, gesmelt sout en varsgemaalde swartpeper

Kook water in ’n pot en kry ’n glasbak wat bo-op pas. Die glasbak moenie aan die water raak nie. Plaas asyn, mosterd, suurlemoenskil en -sap in die bak en klits goed met ’n draadklitser. Voeg eiergele by en klits tot dik en skuimerig, sowat 5 minute. Verwyder pot van hitte, maar moenie die glasbak van die pot afhaal nie. Klits met jou een hand terwyl jy die botter stadig byvoeg. (Vra iemand om die botter vir jou by te gooi as jy dalk so ’n bietjie sukkel!) Hou aan klits tot die mengsel dik en romerig begin raak. Geur goed met sout en peper.